Lokale
Adam Small Teater
Ouditorium: Die ouditorium bestaan uit ‘n 330 sitplek teater met ‘n vloer wat val na die verhoog toe. Die verhoog beslaan ‘n speelarea van 150m2 wat ‘n roterende vloer, ‘n orkesput, ‘n outomatiese vliegstelsel en ‘n LED beligtingstelsel insluit.
Laboratorium
‘n Eksperimentele ruimte van 200m2 speelruimte. Die Laboratorium is hoogs aanpasbaar in terme van beligting, sitplek uitleg en klank opstelling. Die ruimte bied ‘n hoë mate van vryheid vir verhoogsontwerp en uitvoering. Die laboratorium se aanpasbaarheid maak dit geskik vir ander aktiwiteite bo en behalwe toneelspeel. Die ruimte laat dit ook toe om gebruik te word vir konferensies en ander byeenkomste.
Seminaarkamer
‘n Moderne en goed toegeruste vergaderingskamer met met multimedia fasiliteite en aanpasbare sitplek uitleg en aanbiedingsreëlings.
Voorportaal
Die ruimte is met moderne geriewe gevul. Die klassieke gevoel word egter steeds behou deur middel van die gebrandskilderde vensters deur Sydney Spears. ‘n Groot welbeligte area vir geleenthede en funksies, met indien nodig toegang tot kroeggeriewe, die hoof ouditorium, die laboratorium of die seminaarkamer.