Kaartjie Kantoor

Vorige Gebeurtenisse

Kunene and the King

Hoe beeld jy ’n nasie se geskiedenis op die verhoog uit? In hierdie merkwaardige toneelstuk doen John Kani –formidabele skrywer en akteur – dit deur ‘n konfrontasie tussen twee mans wat teenoorgestelde aspekte van die Suid-Afrikaanse ervaring verteenwoordig…

ATKV Tienertoneel

 

‘n Fees van talent. ‘n Fees van tieners. ‘n Fees van teater!

 

 

 

Lees Meer
Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is al vir 55 jaar ’n platform vir talent- en teaterontwikkeling.

Duisende tieners leef jaarliks hul liefde vir die teater uit op die verhoë van ons land se beste teaters. Die ATKV bied hoërskoolleerders die geleentheid om betrokke te raak by alle aspekte van teater, soos toneelspel, regie, skryf van tekste, kostuums, grimering, dekor, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie, ensomeer. ’n Ware smeltkroes van kreatiwiteit! 2019 is ons grootste jaar nóg. 11 streeksfeeste in Suid-Afrika en een in Namibië. 220 tienertoneelproduksies het ingeskryf.

Maandag 23 September 18:00:

  • Hoërskool Stellenbosch – Donkievel
  • Afrikaanse Hoër Seunskool – Aksie!
  • C&N Sekondêre Meisieskool Oranje – tyd.saam
  • Helpmekaar Kollege – Forte F:Har(t)d
  • Bernadino Heights High Shool – Hoekpark

Dinsdag 24 September 18:00:

  • Hoërskool Parel Vallei – V(LUG)
  • Die Hoërskool Menlopark – BRO(O)S
  • Hoërskool Zwartkop – Vrinne
  • Hoërskool Noordheuwel – ‘n Brug na die sterre
  • Hoërskool Tygerberg – In die duister en deurmekaar

Woensdag 25 September 18:00:

  • Hoërskool Hugenote – Skryf
  • Hoërskool Florida – Patriarchy
  • Hoërskool Noordheuwel – Waterbrief
  • Hoërskool Tygerberg – Die Meisie met Môre in haar oë
  • Hoërskool Eldoraigne – Lentelus

Donderdag 26 September 18:00:

*Produksies deur slegs leerders

  • Hoërskool Parel Vallei – Bruwelik
  • Hoër Meisieskool Bloemhof – Uhm …
  • Hoërskool Zwartkop – Sonder

Vrydag 27 September: Top 5 produksies!

Adam Small Teater Kompleks Auditorium

Ouderdomsbeperking: GEEN

Bespreek by Quicket

 

R120 – Maandag tot Donderdag

R150 – Vrydag

A Midsummer Night's Dream

If we offend, it is with our good will. That you should think we come not to offend But with good will. To show our simple skill, That is the true beginning of our end. … The actors are at hand; and by their show You shall know all that you are like to know. Peter Quince (as Prologue), Act 5, Scene 1
Lees Meer
Regie deur Mareli Hattingh Pretorius

Adam Small Teater Kompleks Auditorium

23 Augustus 20:00

24 Augustus 20:00

27 Augustus 20:00

28 Augustus 20:00

29 Augustus 20:00

30 Augustus 20:00

31 Augustus 20:00

Bespreek deur Quicket

R85 – Aanlyn, Kontant en Snapscan beskikbaar by die deur.

4.48 Psychosis

In die laaste oomblikke voor haar selfdood weef Sarah Kane die konsep van liefhê  en om geliefd te wees. Vrae, verlange, en eindeloose doktorsafsprake heers in die lewe van ‘n jong vrou.
Lees Meer
In die laaste oomblikke voor haar selfdood weef Sarah Kane die konsep van liefhê  en om geliefd te wees. Vrae, verlange, en eindeloose doktorsafsprake heers in die lewe van ‘n jong vrou. As absurdisme haar tydelik kan verlig sal sy verlos word van depressie, maar nie die skoonheid van dood nie- ‘n dood wat sy weet op haar wag.

Geredigeer deur Caitlin Wiggel

Adam Small Teater Kompleks Auditorium

13 Junie 19:00

14 Junie 19:00

15 Junie 19:00

Ouderdomsbeperking: 16 Naaktheid & Taal

The Horror of Permanence

“There is no means of testing which decision is better, because there is no basis for comparison. We live everything as it comes without warning, like an actor going on cold. And what can life be worth if the first rehearsal for life is life itself?” The Unbearable Lightness of Being – Milan Kundera
Lees Meer
Gechoreografeer deur Anel Joubert in samewerking met die geselskap. 

Geselskap: Wyatt Africa, Helena Baard, Jodi Beebee, Shamim Gallie, Meggan Johnstone, Abigail Jonkers, Melissa Myburgh, Kirsten Schouw, Alberto Smit, Kayla van der Merwe, Jacorie Viljoen

Adam Small Teater Kompleks Lab

17 September 20:00

18 September 20:00

19 September 20:00

20 September 20:00

21 September 20:00

Ouderdomsbeperking: GEEN

Bespreek by Quicket

R65 – Beskikbaar by Quicket of by die deur.

Mental Health Creative Expression Gathering

‘n ‘Open mic’ geleentheid!

 

 

 

Lees Meer
‘n ‘Open mic’ geleentheid om gedagtes rondom geestesgesondheid op ons kampus te deel deur gesproke digkuns, musiek, dans, kuns en meer!

Organiseerders: Mirella Bradshaw en Anke Cullinan

Adam Small Teater Complex Foyer

20 August 18:00-19:30

Ouderdomsbeperking: 14 + Taal

 

Frozen

Bryony Lavery se stimulerende en uitdagende kontemporêre Britse drama, Frozen, word deur senior studente van die Universiteit Stellenbosch se Dramadepartement op die planke gebring.
Lees Meer
Bryony Lavery se stimulerende en uitdagende kontemporêre Britse drama, Frozen, word deur senior studente van die Universiteit Stellenbosch se Dramadepartement op die planke gebring.

Frozen ondersoek die verdwyning van Rhona, ʼn 9-jarige meisie, en die verwoestende gevolge van hierdie trauma op haar ma, Nancy, en haar familie oor ʼn tydperk van 15 jaar. Terselfdertyd volg ons die reis van Ralph, ʼn pedofiel-reeksmoordenaar, wat uiteindelik gevang en skuldig bevind word aan Rhona se moord. Die toneelstuk bied ʼn genuanseerde en sensitiewe siening van beide die moeder en die moordenaar se perspektief. Ons ontmoet ook ʼn derde karakter, Agnetha, wat ʼn Amerikaanse psigiater en akademikus is wat spesialiseer in navorsing oor die agtergronde van gewelddadige reeksmoordenaars. Sy word gevra om sielkundige evaluerings op Ralph te doen. Haar evaluerings onthul dat Ralph ʼn slagoffer van ernstige fisieke en emosionele mishandeling as ʼn jong kind was, met wesenlike skade as ʼn gevolg.

Regie deur Sukki Hofmeyr

Adam Small Teaterkompleks Laboratorium

3 Mei 20:00

4 Mei 20:00

6 Mei 20:00

7 Mei 20:00

9 Mei 20:00

10 Mei 20:00

11 Mei 20:00

120 min

(Fr)Agility

‘n Dans-teaterwerk wat die grense tussen verwonding en veerkragtigheid ondersoek deur middel van beelde.

 

 

 

Lees Meer
Gechoreografeer deur Estelle Olivier in samewerking met die geselskap. 

Geselskap: Wyatt Africa, Helena Baard, Jodi Beebee, Shamim Gallie, Meggan Johnstone, Abigail Jonkers, Kirsten Schouw, Alberto Smit, Melissa Myburgh, Kayla van der Merwe, Jacorie Viljoen

Adam Small Teater Kompleks Lab

17 September 20:00

18 September 20:00

19 September 20:00

20 September 20:00

21 September 20:00

Ouderdomsbeperking: GEEN

Bespreek by Quicket

R65 – Beskikbaar by Quicket of by die deur.

Mission Heartstone

Drie ruimtevaarders is op ’n ruimtesending na die buitenste ruimte. Hulle taak is om ‘n edelsteen met wonderbaarlike kragte op te spoor, en terug te bring Aarde toe.

 

 

Lees Meer
Drie ruimtevaarders is op ’n ruimtesending na die buitenste ruimte. Hulle taak is om ‘n edelsteen met wonderbaarlike kragte op te spoor, en terug te bring Aarde toe. Dit word beweer dat die minerale in die steen gebruik kan word om die Aarde weer tot sy vorige ongeskonde toestand te herstel. Saam moet hulle saam werk, en lewensgevaarlike toetstande en landskappe trotseer. Hulle sal saam dinge ervaar en sien wat hulle totaal oorbluf en vestom laat. Die vertooning maak gebruik van ‘n verskeidenheid van Fiesiese Teaterkuns. Daar woord ook deels gebruik gemaak van Suid-Afrikaanse Gebaretaal en Britse Gebaretaal.

 

Geskryf en regie deur Jamie Marais

 

Adam Small Teatre Kompleks Auditorium

20 Junie 19:00

21 Junie 19:00

22 Junie 19:00

Jakkals & Wolf Onbeperk

Die Drama Departement in samewerking met Kunste Onbeperk ondersteun deur Nati bied ‘n kleurryke weergawe van Jakkals en Wolf stories aan.                                           .
Lees Meer
Die Drama Departement in samewerking met Kunste Onbeperk ondersteun deur Nati bied ‘n kleurryke weergawe van Jakkals en Wolf stories aan. Jakkals en Wolf Onbeperk het vroeër die jaar by KKNK gespeel en het drie Kanna nominasies ontvang. Devonecia Swartz wat die rol van Jakkals vertolk is as beste opkomende akteur aangewys. Die Jakkals en Wolf Onbeperk teks is deur Malan Steyn geskep, oorspronklike musiek en lirieke deur Frazer Barry, choreografie deur Estelle Olivier en regie is deur Amelda Brand behartig.

Adam Small Teaterkompleks Ouditorium

4 Mei 10:00

6 Mei 10:00

7 Mei 10:00

9 Mei 10:00 & 15:00

10 Mei 10:00 & 15:00

11 Mei 10:00 & 18:00

90 min

Die Adam Small Theatre dien ook as gasheer vir talle amateur teatergroepe, jeugdramafeeste, produksie vrystellings, konferensies en belangrike universiteits funksies

– Stellenbosch Universiteit